Gedagte vir die dag: Die mag van lof

Arms_uitgestrek_bid_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Met my hele hart wil ek U prys, Here. (Psalm 9:2)

Beantwoorde gebed moet altyd deur lof gevolg word. Was die Here jou genadig? Loof Hom dan so lank jy lewe. As jy stilbly oor God se genade, maak jy jou skuldig aan ondankbaarheid. As jy vergeet om God te loof, doen jy jouself in met iets wat groot voordeel inhou.

Lof is net soos gebed ’n wonderlike manier om geestelik te groei. Dit neem ons laste weg, wek hoop en vermeerder ons geloof. Dit is ’n besielende oefening wat ons pols vinniger laat klop en ons voorberei op nuwe maniere om God mee te dien. Om God te seën vir die goedertierenheid wat ons ontvang het, kan ook dié om ons bevoordeel. Lof is die wonderlikste van al die Christelike take.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lena Jonk ·

Ja ons bedellys is lank maar ons danklys kort. Dankie vir Genade Vader.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.