Gedagte vir die dag: Die magtige olifant

Vrou_water_see_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. Vertrou deurgaans op die Here, want die Here God is vir altyd ’n veilige toevlug. (Jesaja 26:3-4)

Die olifant is die grootste landdier. ’n Olifant kan tot sewe ton weeg en vir 70 jaar leef. Dit loop elke dag ongeveer 25 kilometer ver en eet ongeveer 150 kilogram kos. Tog is dit nooit in ’n haas of paniekerig êrens heen op pad nie. Hoekom skarrel die mens dan so haastig oral rond?

Dink die Here nie jy, sy skepsel wat Hy volgens sy eie beeld gemaak het, is meer waardevol as ’n olifant nie? Hy is die groot Herder en sy boodskap is duidelik:

“Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry. Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra” (Matteus 11:28-30).

Dink vandag aan die magtige olifant wat nooit haastig êrens heen op pad is nie, en ook nooit honger ly nie. Dalk weet hy iets wat ek en jy nie weet nie. Dalk is hy bewus daarvan dat die Koning en die Skepper van die hemel en die aarde hom ook in die palm van sy hand hou. Die Here is volkome in beheer – ongeag dit wat jy dalk in die nuus lees en op TV sien. Hy weet alles van jou af en Hy het jou baie lief.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.