Gedagte vir die dag: Die openbaring van God se liefde

Boekevat_Wolke_SuneGod is liefde. Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. (1 Joh 4:8-9)

Lees 1 Johannes 4:7-17

Jesus se koms na die wêreld en Jesus se dood aan die kruis is die heel grootste openbaring van God se liefde vir mense. Johannes som dit netjies op in een van die Bybel se bekendste teksverse: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Joh. 3:16).

God bewys sy liefde vir jou in Jesus Christus. God is die Bron van alle liefde en Hy maak Homself sigbaar deurdat gelowiges mekaar lief het, skryf Die Bybellennium (p. 1752).

Jesus kom na die wêreld om God se liefde vir jou te demonstreer. Hy is God se grootste liefdesdaad aan mense. Omdat Hy in jou plek gesterf het, mag jý nou vir altyd leef as jy in Hom glo en behoort jy daardie liefde aan alle mense deur te gee. God gee sy Seun prys sodat jý die geskenk van die ewige lewe kan ontvang. Heel waarskynlik gaan jy vandag baie geskenke gee en ook ontvang. Onthou élke Kersfees dat God se Seun die grootste van alle Kersgeskenke is. Dit is dan ook die hoofrede waarom óns vandag geskenke vir mekaar gee: om ons dankbaarheid te betuig vir Gód se geskenk waardeur Hy sy liefde vir ons openbaar het.

Here Jesus, ek loof U dat U God se liefde vir my kom duidelik maak het. Maak dit vir my moontlik om soos U lief te hê en u liefdesboodskap aan ander deur te gee. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andries Joubert ·

Graag wil ek dankie se vir die wonderlike boodskape uit die Bybel dit is rerig baie mooi, ek is in Saudi en lees elke dag die maroela dan se ek dankie aan maroela om dit te plaas wat aangaan in ons land baie dankie aan almal vir jul werk en geseend is jul op die kersdag
Groete Andries

Erika Dittrich ·

Ek beaam en onderstreep! Baie dankie en baie seèn!

Petrus van Eeden ·

God is liefde?

Dit is ‘n besonder vreemde stelling. Met die term God, verwys die Christene en Islamiete na die El/Allah. Die vereerders van hierdie God het egter deur die eeue heen vir ‘n ware bloedbad gesorg onder die mensdom.

Met die kerstening van ons Germaanse voorouers is die Christendom met grof geweld op ons voorouers afgedwing. Ons Germaanse religie en kultuur is vervang met ‘n Joods/Romeins/Griekse religie en kultuur (Christendom). Ons hele skrifsisteem, bekend as Rune, is deur die Christendom afgeskryf en vervang met ‘n Romeinse skryfstelsel wat ons vandag nog gebruik. Ons hele Germaanse geskiedenis is afgeskryf en vernietig en vervang met die Bybelse geskiedenis. Met die kerstening word die Joodse stamvaders, skielik Germaanse stamvaders. Die Germaanse Ask en Embla word vervang met die Joods/Arabiese Adam en Eva.

Miljoene Germaanse Heidene val tydens die Middeleeue deur die Christelike swaard en Christelike brandstapel, tydens die Kruistogte, Ketterjag en Heksejag. Geen enkele ander godsdiens op aarde het soveel bloed gestort in sy poging om hom te vestig nie, as die Christendom. Selfs nie eers die Islam het ooit soveel bloed gestort as die Christendom nie.

Met die verowering van die Amerika’s is miljoene Indiane in die ‘Naam van God’, deur Christene van hulle grond beroof, van hulle lewens, van hulle taal, hulle kultuur en hulle inheemse religie.

Is God dan ‘n God van Liefde? Of ja? Wat gebeur daar nie alles in Isis nie! Daar is hierdie God El/Allah die spilpunt waarom hierdie bendes draai. Of is die afskuwelike bloedvergieting wat vandag daar plaasvind, ‘n teken van die ‘Liefde van God’?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.