Gedagte vir die dag: Die pad vorentoe

voetpad_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. Ek is in ’n tweestryd. Aan die een kant verlang ek om te vertrek en bý Christus te wees, want dit is vir my verreweg die beste. (Filippense 1:21, 23)

Ek het eenkeer ’n baie mooi illustrasie gehoor van ’n man van God wat gesê het: “Wanneer ek doodgaan en jy lees in die koerant dat ek dood is, moenie ’n woord daarvan glo nie. Ek is nie dood nie, ek het net van adres verander.” Is dit nie pragtig nie? Tot dusver het die Here ons gehelp. Met ander woorde, dis soms goed om na die toekoms te kyk, want voor in die wapad brand ’n lig.

Dit is asof die Here sê: “Ek was nog die hele tyd by jou en Ek sal in die toekoms aanhou om by jou te wees.” Moet dus nie aanhou om met spyt terug te kyk nie; kyk net vorentoe. Die Here sal jou deur daardie donker tye help en by jou wees tot aan die einde van hierdie lewe en die begin van die volgende een. Dis waarom dit so wonderlik is om ’n Christen te wees: Jy kan nie ’n Christen bangpraat met die hemel nie! As ek leef, leef ek vir God; as ek sterf, gaan ek huis toe na Jesus.

Ek wil jou vandag aanmoedig. Moenie bang wees nie. Jy sê dalk ek het geen idee waardeur jy gaan nie en ek het natuurlik nie. God het jou nogtans die krag gegee om jou vorige berg oor te steek en Hy sal jou ook die krag gee om hierdie een te klim. Ont hou, al wat jy nodig het, is geloof so groot soos ’n mosterdsaadjie. Dit lyk dalk na ’n wonderbaarlike ding om elke dag deur geloof te leef, maar daar is nie ’n ander manier nie, en Jesus sê Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie.

Wanneer jy terugkyk na die afgelope jaar, kyk met dankbaarheid terug omdat jy weet die toekoms gaan net beter wees. Die Joodse mense sê vir mekaar: “Volgende jaar in Jerusalem.” Dit beteken dat jy na die toekoms moet kyk vir die koms van die Messias en volkome geestelike vrymaking, wat deur Jerusalem verteenwoordig word. Kom ons sê dus saam: “Volgende jaar in Jerusalem!”

Hemelse Vader, ek nader U met dankbaarheid oor u standvastige liefde vir my en omdat U deur die soet en die suur van die lewe by my is. Ek sien uit na u koms en na volkome geestelike vrymaking. Amen.

Bron:
Genade in oorvloed deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Martie. ·

“THIS WORLD IS NOT MY HOME, I’M JUST PASSING THROUGH”…(song). Probleme is tydelik, dit sal verbygaan,moenie laste dra nie, gee dit vir Jesus !

Yvon ·

Dankie Here vir die uitsien na n lewe saam met U. Vir vandag put ek uit U genade en krag. Amen

Christine ·

Pragtige boodskap ek maak dit ook myne” Volgende jaar is Jerusalem!! Amen

Connie ·

Dankie die Woord was nou net vir my vandag. Dit was moeilike jaar maar God het my deur gedra. Ek moet ophou terug kyk. Jerusalem hier kom ek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.