Ek weet wat Ek vir julle beplan het. (Jeremia 29:11)
Wanneer jou dag nie verloop soos jy dit beplan het nie, moet jy probeer om nie jou fokus op My te verloor nie. My planne sal seëvier en niks kan dit dwarsboom nie. Ek weet jy raak gefrustreerd wanneer die lewe jou op ompaaie neem en selfs na doodloopstrate lei, maar jy hoef niks te vrees nie. Wanneer die lewe buite beheer lyk, is dit steeds onder My beheer.
Ek weet jy sal in die versoeking kom om die teendeel te glo, maar my planne vir jou lewe sal ware vrede en tevredenheid meebring. Al kan jy dalk nie in hierdie oomblik die omvang van my planne sien nie, kan Ek jou verseker dat Ek áltyd jou beste belange op die hart dra. My versuim en ompaaie is nie ’n teken dat Ek jou hoop en begeertes ontken nie. Ek het net ’n beter pad. Dit is dalk nie die maklikste roete nie, maar dit sal uiteindelik vir jou net goeie dinge meebring.
Wanneer jy in die valleie is, in toestande wat gevaarlik en onoorkombaar lyk, kan jy weet dit is Ek wat ’n pad deur die Rietseë en ’n weg in die woestyne van jou lewe maak. Ek verlaat jou nooit nie. Daar is dalk tye wanneer jy alleen voel, maar die waarheid is dat jy nooit alleen is nie. Elke keer wanneer jy dus sukkel om rigting in jou lewe te kry en leiding en beskerming deur al die onsekerhede nodig het, kom na My toe en Ek sal vir jou die pad wys. Alles sal uiteindelik uitwerk; as dit nie uitwerk nie, is dit nie die einde nie.
Dankie Here, dis die versekering wat ek vandag gebid het en ontvang het, elke mond sal u bely en elke knie sal voor U buig.