Gedagte vir die dag: Die populier- en die doringboom

 populierboom-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.  Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. (Hebreërs 11:1-2)

Ek wil ’n hedendaagse gelykenis met jou deel. Dit gaan oor die populier  en die doringboom. Ons bure is die Lion Match Company. Hulle kweek populier bome in groot gebiede in die vleilande. Wanneer  die  populiere  afgesny en gedroog word, is hulle baie lig. Populiere groei baie, baie vinnig, want hulle bestaan uit sowat 90% water.  Hulle is amper soos die balsemhout  waarvan modelvliegtuie gemaak word. Populiere kry glad nie swaar nie, want hulle kry baie son en water en groei welig in die klam vleilande.

Doringbome groei in die Bosveld. Dit is ’n warm gebied met min of geen reën nie. Die bome se groei word belemmer en dit neem ten minste 50  jaar vir hulle om groot te word in vergelyking met die nege jaar wat dit ’n populier boom neem.  As hulle dieselfde omtrek bereik, en jy sny hulle oop, het die populierboom amper geen gewig nie, dit steek maklik aan die brand en brand in ’n oogwink uit. ’n Doringboom, aan die ander kant, en jy kan enige ou vra wat lief is om ’n braaivleisvuur te maak, brand vir dae lank. Die hout is dig, swaar en solied.

Die verskil tussen die bome is dat die populierboom glad nie swaarkry nie. Dit kry soveel water en son as wat dit wil hê, en dit groei soos onkruid. Aan die ander kant moet die doringboom sy wortels diep in die grond laat afgroei om water te kry. Dit word deur die weer, min reën en swaarkry verniel. Die resultaat van hierdie swaarkry is dat, wanneer die boom groot is, dit sterk en betroubaar is. Dit is waaroor Paulus skryf in 2 Korintiërs 12. Jy word nie sterk in jou geloof wanneer alles met jou goed gaan nie. Hebreërs 11 sê vir ons deur geloof “het die mense van die ou tyd getuienis ontvang” (vers  2). Hulle het sterk geword deur beproewings. Dit is deur geloof dat ons ook kan uithou, sterk word en oorwin!

My Vader, ek dank U dat U op soveel verskillende maniere met my praat. Here, ek wil uithou. Ek wil sterk word en ek wil oorwin. Ek weet dat dit nie sal gebeur as ek die maklike weg kies nie. Ek is so dankbaar dat U by my is deur elke beproewing en storm. Amen.

Bron: In stilwees en vertroue deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat U my deur elke beproewing dra….Amen

Agter die skerms ·

Dankie ons Jesus dat ek net in die oggend my oe kan oopmaak en vir U goeiemore se en dankie se vir nog ‘n dag. Dankie dat U vir my ‘n wens gister laat waar word het. U se bid en vir U sal gegee word en ek dank U daar is. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.