Gedagte vir die dag: Die regte dinge

God

Foto: Argief

Vertrou op die Here en doen wat  goed is, woon en werk rustig voort.  Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal  jou gee wat jou hart begeer. (Ps 37:3-4)

Die Bybel sê duidelik vir ons dat die Here vir ons sal gee wat ons begeer. Ja, daar is ’n bietjie van ’n vang plek: As ons ons in die Here verlustig, dán sal Hy ons gee wat ons begeer.

Die ding is net as ons ons in Hom verlustig en op Hom vertrou, sal dit ons hart verander en sal ons later ander dinge begeer. Ons gaan dan begeer om in ’n inniger verhouding met Hom te staan, ons gaan begeer om beter mense te wees, ons gaan met ander woorde net dit begeer wat God sal behaag. As ons diepste begeerte is om na aan God te wees, sal ons nie meer verlei word deur die aanloklikhede van die tydelike wêreld nie. Ons gaan dan die vreug de ken om in ’n hegte verhouding met God te leef, want dit gaan ons grootste begeer te wees.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annetjie ·

Ek sal graag hier wil aansluit, mens kry so baie ondersteuning uit die dagstukkies,en bring mens net nader aan ons Vader wat ons partykeer ook maar teleurstel met ons gedagtes. Baie dankie vir die persoon of persone wat daarmee gemoeid is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.