Gedagte vir die dag: Die regte inligting

Droe-bome-by-Dooie-Vlei.jp

Droë bome by Dooie Vlei Foto: Marianne Styan

Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ’Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar ’n balk in jou eie oog?’ (Matt 7:3-4)

Dís nou ’n reguit vraag! Dit sny sommer baie diep in die bedrieglikheid van my eie hart. Ek kan so baie te sê hê oor ander mense se lewens en wat hulle doen, maar tog stokblind wees vir die onreinheid van my eie hart.

Jesus se boodskap is baie duidelik: “Los die persoon langs jou en fokus op jou eie hart. Wat help dit jy wil almal reghelp en regsien, maar jou eie hart is onrein voor My? Jy hoef nie vir My te sê wat ander mense verkeerd doen nie. Ek weet. Wat My pla, is dat jy nie weet wat in jou eie lewe aangaan nie. Laat Ek eers die balk in jóú lewe verwyder.”

Here Jesus, ek is so vinnig om ander se dade as liefdeloos, verkeerd en onregverdig af te maak, maar my eie weg te steek. Help my asseblief om in reinheid voor U te staan, ongeag wat die ander om my doen.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.