Gedagte vir die dag: Die regte pad       

 Winter_Pad_Stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. (Spreuke 3:5-6)

Baie jare gelede sou ’n man na ’n boer toe gaan en sê: “Ek wil hierdie plaas by jou koop vir ’n miljoen rand.” Hulle sou mekaar die hand gee. Met hierdie handdruk is die plaas vir ’n miljoen rand verkoop. Die volgende dag sou ’n ander man daar aankom en sê: “Ek bied jou dubbel daardie bedrag vir jou plaas aan.” Die boer sou sê: “Nee. Ek het gister my woord aan daardie man gegee en die plaas vir ’n miljoen rand aan hom verkoop.” Kan jy vandag nog iemand se woord só vertrou?

Jy kan nie eens altyd jouself vertrou nie! Jy kan net volkome op die Here Jesus Christus vertrou. Waarlik, die Here ons God is betroubaar. Wat Hy sê, sal Hy doen. Hy roep ons om Hom en ons naaste lief te hê, die evangelie te verkondig en ons kan Hom selfs vertrou om aan ons die krag te gee om ons roeping te vervul. In hierdie lewe kan ons nie op ons eie insig of ons eie krag staatmaak nie, maar wanneer ons die Here in alles ken, sal Hy ons op die regte pad laat loop.

Ons God is die goeie God. Wanneer ons ons vertroue in Hom en sy Woord plaas, sal Hy vir die res sorg. Kies vandag om die Here met jou hele hart te vertrou. Hy is die Een wat jou sal dra.

Here, dankie vir u belofte dat U my op die regte pad sal laat stap wanneer ek my vertroue in U plaas. Ek glo in U en vertrou U met my hele hart.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Von ·

Heer kom my ongeloof tot hulp…U en U alleen is my Redder…..dankie vir U groot liefde vir n mensekind….Amen

Lalla1 ·

Dankie Here dat U nog n wonderlike dag by ons lewens gevoeg het. Ek vra asb vir krag en genade deur die dag, by ons natuurlike werke. Hou ons gesinne veilig met die kosbare bloed asb. Wees saam met ons elke stap van die dag. Dankie dat U vir ons sorg en dankie vir al ons blessings. Prys U naam! Amen

Maria ·

Dit ons grootste probleem om hele hart aan Here te vertrou met geloof en geduld . Soms voel ons Here vat lank of antwoord nie doen ons eie insig en eie krag dat val ons in die modder. Ons gee nie kans vir Here om sy werk te doen nie dan vat ons weer terug en raai wat dan ons langer wag totdat jou ware volkome vertrou op Here plaas

Kornel ·

Dankie Vader vir alles .U is waarlik die Vader van alles Hemel en Aarde.
My en my gesin se vertroue is volkome in U hande.

Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.