Gedagte vir die dag: Die regte stroom is veilig

Woud_groen_water_stroom_boekevat_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die een wat in My glo – soos die Skrif sê: “Riviere lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Johannes 7:38)

Seestrome is niemand se speelmaat nie. Baie mense het al in gevaarlike seestrome verdrink. Ewe gevaarlik is al daardie ideologiese strome in die lewe wat mense so maklik meesleur. Fanatici is die ganse wêreld vol, vanaf die politiek tot by godsdiens. Hulle hou daarvan om onskuldiges in te katrol en om hulle koppe en lewens te verwoes met vals idees en vernietigende dinge. Daarom moet ons altyd versigtig wees vir daardie wolwe in skaapsklere tussen ons.

Ons moet leer om te onderskei tussen die leuen en die waarheid. Die Here het vir ons elkeen ’n kop in werkende toestand gegee. Ons moet dit reg en tot sy eer gebruik. Genadiglik het die Here ook sy Gees gegee aan al sy mense om ons in die waarheid te lei. Die Heilige Gees lei ons nooit op fanatiese of irrasionele maniere nie. In sy stroom is daar nie allerlei gevaarlike stroomversnellings soos vrees, dood en vernietiging nie. Die Here se stroom bring altyd lewe, vryheid en hoop. Mense verdrink nooit hierin nie. Jesus sê juis in Johannes 7 dat strome lewende water sal vloei uit elkeen wat Hom navolg. Sy Gees se water is veilig en vol lewenskrag.

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

OW ·

Spreuke leer ons nie verniet,ywer(fanaties) sonder kennis,beteken niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.