Gedagte vir die dag: Die skat van die verbond   

hand-uithou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hy het sy verbond vir altyd ingestel. (Psalm 111:9)         

Die kinders van die Here verbly hulle in die verbond. Dit is ’n voortdurende bron van troos as die Heilige Gees ons lei na die feestafel en ’n banier van liefde wapper. Ons hou daarvan om te wonder hoe oud die verbond is. Voor die sterre hul plek geken het of die planete begin draai het, was die verbond reeds daar om ons belange te beskerm. Ons harte is vol vreugde wanneer ons dink aan hoe onveranderd die verbond is. Nie tyd of ewigheid, lewe of dood, sal dit ooit kan onteer nie. Ons verbly ons ook in die volheid van die verbond. Alles word vir ons voorsien. Ons geniet dit ook om die genade van die verbond te oordink.

Die verbond is ’n ryk skatkis, ’n pakhuis wat oorloop met goeie kos, ’n fontein van lewegewende water, ’n verdrag van blywende vrede en ’n hawe vol vreugde.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Agie ·

Amen
NIKS. NIKS kan dit verander nie.
God is soewerein. Verhewe bo enige denke.
Daarom…….
Hou op met al die negatiewe gemors wat ons praat en mekaar moedeloos stem.
HY HOU SY VERBOND !!!!!!!!
GOD IS EK IS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.