Gedagte vir die dag: Die skool van verdriet

man_meer_bewolk_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie al leen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly.  (Filippense 1:29)

Lees weer die Skrifgedeelte wat ons op 2 November in Filippense gelees het.  Ek dink ook aan ’n boek met dagstukkies wat ek onlangs gelees het. Vanoggend, terwyl ek gebid het oor wat ek vandag met julle moet deel, het die Here my weer hieraan herinner. Ek vertrou dat dit jou net soveel sal aanspoor as vir my.

Die skrywer praat van lesse wat geleer word in die skool van lyding.  Dit het my herinner aan ons  teksvers:  “Omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly.” Die skrywer praat van Richard Baxter, die Puriteinse prediker, wat in die sewentiende eeu geleef het en soveel verdrukking en beproewing ervaar het, maar nogtans gesê het: “O, Here, ek dank U vir die dissipline en beproewing wat ek vir 58 jaar in hierdie liggaam moes verduur.” Is dit nie wonderlik nie? Hy is natuurlik nie die enigste een wat swaarkry in oorwinning verander het nie. Doen jy dit ook? Verander jy ook swaarkry in oorwinning? ’n Kind van God verander ’n moeilike situasie in ’n triomfantlike situasie. Sukses beteken bloot om mislukking om te keer. Dis die verskil tussen mislukking en sukses. Ek het nog nooit ’n eervolle persoon ontmoet wat nie deur die skool van beproewing en verdrukking gegaan het nie.

As jy dus nou deur beproewing en lyding gaan, wees bly. Hoekom? Paulus vertel ons in Romeine 5:15: “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God. En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid  beproefdheid en die beproefdheid  hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.”

My Vader, ek loof en prys U vandag. Ek dank U dat U met my is wanneer ek deur beproewings en moei likhede gaan. Dankie dat verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid volharding, en volharding hoop. Ek loof U  –  hoop sal nie beskaam nie.  Amen.

Bron: In stilwees en vertroue deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

Dankie Here dat Angus vanoggend verwoord wat ek ervaar….U nabyheid ,U versorging , hoop en genade

Byekonfyt

God is ‘n waarmaker van sy Woord. Ons enigste riglyn.

maria

Op wie sal ek vertrou as net ons Groot en Almagtige GOD