Gedagte vir die dag: Die skoonheid van die Bybel

bybel.jpg

Argieffoto

Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding wat bestaan, ontstaan nie. (Johannes 1:1-3)

My Bybel se leeromslag lyk asof dit jare lank in ’n plaasvoertuig op ’n plaas rondgekarwei is, en dis presies wat daarmee gebeur het. Daarin staan wanneer ek moet plant, koop en verkoop. Dit gee vir my instruksies soos om my vrou lief te hê en nie my kinders so te behandel dat hulle opstandig word nie; om ouer mense te respekteer; en om deur die geloof te wandel en nie deur te sien nie. Dis my kompas; dit dui vir my die koers aan en wys my presies waarheen ek moet gaan.

Die Bybel word die Lewende Woord genoem omdat dit lewegewende krag het. Dis die enigste boek ter wêreld wat altyd van toepassing, aktueel en heeltemal op datum is. Dis geen wonder dat dit die wêreld se topverkoperboek is en altyd sal wees nie. Dis ’n wonderlike vriend om te hê, veral in donker nagte.

Wanneer ek besluite moet neem, wend ek my altyd na die Woord met die vertroue dat die Here vir my leiding sal gee. Ek glo nie in “geestelike waarsêery” nie; met ander woorde, om die Bybel oop te slaan, my oë toe te maak en my vinger op ’n vers te druk. Dis nie wys nie en dit kan baie gevaarlik wees. Die Bybel is nie ’n Boek om ligtelik op te neem nie.

Die Bybel beloof om “’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad” te wees (Psalm 119:105), maar die onus berus by ons om dit te lees, daaroor te mediteer en dit te glo. Dan kan ons verseker weet dat ons leiding vir ons lewe sal ontvang.

Daar is krag in die Woord van God. Dis juis wanneer leraars uit die Skrif begin aanhaal dat mense verander word. Wanneer ’n leraar verklaar: “Die Woord van God sê … ” word daar ongelooflike krag vrygestel omdat Jesus en die Woord een is.

Dierbare Here, ek bid dat U passie in my sal aanwakker vir u Woord. Dankie vir hierdie ongelooflike Boek wat altyd nuut en relevant is en my daagliks lei. Amen.

Bron:
Genade in oorvloed deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hallelujah ·

Daar is Krag in Sy boek. Gisteraand kom ek van die werk af en toe ek nog besig was met die kos het God my net geroep om Sy boek oop te maak – en op Klaagliedere – en in Prediker.
Amen my God Amen u praat deur U boek. Ek kan U eer Jesus en net steeds dankie se vir als wat ek het. Amen

dejager ·

Die steen wat die bouers verwerp het díe het die hoeksteen geword.
Bou jou huis op die vaste fondament van die Woord.Soek elke dag jou Verlosser se wil in die skrif.Hoor die stem van die goeie Herder en volg hom.Hy ly jou na waters waar rus is en jy sal rus vind vir jou siel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.