Gedagte vir die dag: Die sleutel is Jesus

Berg_wolke_pad

Foto: Reint Dykema

God wil deur die Seun in ’n verhouding met jou staan. As dit nie ook jou begeerte is nie, kyk jy en God in twee verskillende rigtings. Jy wil God dalk laat konsentreer op jou geluk en welsyn, terwyl Hy jou aandag op die Seun wil vestig. Jy kan nou ’n deurbraak beleef. Vergeet wat agter jou lê en reik uit na wat voor is: Jesus Christus, die vreugde van God. Jesus is die sleutel tot jou toekoms.

Jesus se antwoord was: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ Dit is die eerste en belangrikste opdrag.” (Matteus 22:37-38)

Laat ons maar net die wedloop hardloop deur op Jesus te konsentreer. Hy het vir ons gewys wat dit beteken om op God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees. (Hebreërs 12:2, Die Boodskap)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.