Gedagte vir die dag: Die somtotaal van alle deugde

hart_strand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die heel belangrikste wat julle moet aantrek, is die liefde. Die liefde bind alles volmaak saam. (Kolossense 3:14)

Liefde is ’n universele taal. Jy kan iets liefdevols doen al kan jy nie praat of iemand anders se taal verstaan nie. Die persoon wat jou liefde ontvang, sal dit weet en dit verstaan. Liefde is belangriker as enigiets anders – omdat dit is wat Christus in elke omstandigheid sou uitleef.

Om liefde te besit en dit aan ander te bewys is die somtotaal van al die Christelike deugde. Dit is belangrik omdat dit God se liefde vir sy kinders vergestalt. Liefde kan nie opgewek, opgetower of uitgedink word nie. Dit kom van God, want Hy is die liefde self.

Liefdevolle Here, vul my volkome met u liefde. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.