Gedagte vir die dag: Die splinter van sonde

vyeboom

Foto: Reint Dykema.

Daar is te veel beraders onder gelowiges vandag wat self berading nodig het – te veel wat ander wil voorsê wat om te doen en hoe om te lewe, en dan lewe hulle nie self so nie. Net mense wat oop en eerlik oor hulle eie splinters is, kan oor ander mense se splinters praat.

Die enigste Persoon wat geen splinters het nie is Jesus; daarom kwalifiseer Hy as die Raadsman vir alle mense. Moenie jou splinters wegsteek of probeer verduidelik nie. Laat Jesus dit verwyder. Sonder Jesus kan ons nie vry wees nie.

En hoe sien jy die splintertjie in jou medemens se oog raak, maar jy merk die yslike stomp in jou eie oog nie op nie? Of hoe sal jy vir jou medemens sê: “Kom, laat ek daardie splintertjie uit jou oog haal,” terwyl daar ’n yslike stomp in jou eie oog sit? Jou skynheilige, haal eers die stomp uit jou eie oog uit. Dan sal jy ook duidelik kan sien om die splinter uit jou medemens se oog te haal. (Matteus 7:3-5)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.