Gedagte vir die dag: Die spoke wat jou jag

Vrou_water_see_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

Mag God ons Vader en Christus Jesus ons Here aan jou genade, ontferming en vrede gee. (2 Timoteus 1:2b)

“Ander is altyd beter as ek.” “Niks wat ek doen, is goed genoeg nie.” “Daar is iets fout met my.” “Ek is verantwoordelik vir die manier hoe ander mense optree.” “Ander se behoeftes is altyd belangriker as myne.” Is dit die tipe fluisteringe in jou gemoed? Die onderbou waarop jy funksioneer?

Dalk is dit dan tyd dat jy elkeen van hierdie leuens voor God uitpak. Hom vra waar die onwaarhede vandaan kom (dalk uit jou grootwordjare of dinge wat ander jou wysgemaak het). Stoei dan saam met die Gees van Waarheid hieroor en vra dat Hy – wat jou diepste wese ken – ander boodskappe op jou hart sal skryf. Ander régte waarhede waarop jy jou lewe kan bou, soos dié onomwonde feite dat:

  • Jy uniek, kosbaar en uit eie reg besonders is.
  • Jy ander wel kan dien, maar dat ook jóú behoeftes belangrik is.
  • Niemand anders jou minderwaardig kan laat voel behalwe jyself nie.

Onthou: Jy ís God se oogappel-kind. Sien jouself raak soos Hy jou sien: Besonders!

Gees van Waarheid, maak my oë oop vir wie ek in u oë is.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.