Gedagte vir die dag: Die toekoms

Woud_groen_water_stroom_boekevat_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ’n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring … Ek sal volop water gee op die dorsland, strome op die droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op kinders. (Jesaja 43:19; 44:3)

Die Here wil nie hê sy volk moet swaarkry nie; Hy wil hulle ’n moei­like reis oor onbegaanbare gebiede spaar. Hy belowe om vir hulle ’n pad te bou – nie ’n gewone woestynpad nie, maar een wat tussen riviere deur­loop. Vir mense wat soms dae lank sonder water oor sandduine moes strom­pel, klink dit soos ’n ander wêreld – en dit is ook. God begin deur te sê dat Hy iets nuuts wil doen.

God wil ook jou lewe vernuwe, jou gebede verhoor, jou werk seën. Hier­die beloftes is nie net vir jou nie, dis ook vir jou kinders wat nog soveel het om na uit te sien. Vir Hom gaan dit in die eerste plek nie om materiële suk­ses nie, dit gaan oor die behoefte om Hom te ken en te aanbid. Hy trek Hom nie terug nie, maar belowe om sy Gees oor jongmense en kinders uit te giet. God weet dat mense nie sonder water kan leef nie, daarom gebruik Hy die beeld van oorvloedige water om die oordaad van sy gawes te beskryf. Paaie en riviere in die woestyn lyk vir die mens op die oog af onmoontlik, maar ons moet in God bly glo: Nie een van die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom (Jos 21:45).

Ons verwag rykdom en eer, maar God gee ons soveel meer as wat ons ver­wag. Hy gee ons gelowige kinders wat sal groei in geloof en nie bang sal wees om te getuig dat hulle aan die Here behoort nie.

Liewe Here, ek bid vandag vir ons kinders. Here, gee dat ons kinders sal groei en ontwikkel in geestelike reuse, gee dat hulle lewende getuies sal wees van die liefde van Jesus.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gert ·

Ek het lank terug die belofte van God af gekry en ek het gedink ek is op die pad wat ek geglo het ek moet neem. Dit was nie so nie. Op n vreemde manier( Ek glo nie in toeval nie) het ek uit gevind dat ek hierdie stuk verstaan het soos wat EK wil, nie soos wat God wil hê nie. Vandag kry ek WEER met die stuk te doen en dit voor die Grootste uitdaging wat my nog ooit in die gesig gestaar het. Al wat ek nou kan sê is: laat U wil geskied en NIE myne nie. (The Lord works in mysterious ways…)

Roela ·

Gert ek het my ook al op paaie gekry wat ek vas geglo het dit is waar ek moet wees en vandag gee die boodskap weer v my ook hoop ek glo vas dat Jesus v m ook n nuwe begin het. Sterkte v j ook en dankie Jesus v U belofte.

E ·

Sterkte vir jou Gert. Mag jou verligting in die naam van Jesus gou kom Hou net vas al voel jy soms moedeloos, want God se tyd is nie ons sin nie.

Roela ·

Gert ek het my ook al op paaie gekry wat ek vas geglo het dit is waar ek moet wees en vandag gee die boodskap weer v my ook hoop ek glo vas dat Jesus v m ook n nuwe begin het. Sterkte v j ook en dankie Jesus v U belofte.

Jan Jooste ·

Hierdie is ‘n ongelooflike mooi stuk uit die Bybel. Fantasties dat die Here iets nuut gaan doen. Ons kort iets nuut. Laat my ook dink aan wanneer Jesus se: “Kyk, Ek maak alles nuut – ‘n nuwe aarde … ” voorspoed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.