Gedagte vir die dag: Die trane rol

hand_veld_son_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Jesus begin toe huil. Die Jode sê toe: “Kyk net hoe lief was hy vir Lasarus!” (Johannes 11:35-36)    

Jesus begin toe huil. (Johannes 11:35)

Die gemiddelde vrou huil 30 tot 60 keer per jaar – terwyl die gemiddelde man maar vyf tot vyftien keer per jaar die trane laat rol. Mans kan die huilkrane ná twee of drie minute toedraai, terwyl vroue gemiddeld vir ses minute lank huil. Daar is redelike sterk aanduidings dat testosteroon die impuls om te huil, inhibeer terwyl die hormoon prolaktien, waarvan vroue aansienlik meer het, dit aanhelp.

Maar of jy nou ’n man of ’n vrou is – jy is ’n emosionele wese, want jy is geskape na die beeld van ’n emosionele God (Psalm 103:13, Jeremia 32:41, Matteus 9:36). Indien ons mense wil liefhê soos wat Jesus mense liefgehad het – en soos wat Hy ons liefhet – moet ons bereid wees om emosioneel vir hulle beskikbaar te wees. Dít verg waagmoed en kwesbaarheid – en sal jou bes moontlik langs die pad tot trane dryf. Soms is opregte trane van meegevoel al wat nodig is om iemand wat desperaat is om verstaan en gekoester te word, se hart te laat vermurwe.

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Strandloper ·

Mans is nie altyd ongevoelige buffels nie…ons huil baie meer binne as wat ons toegee.

SomeOne ·

dan is ek die heel uitsondering, my familie maak my so seer, veral my kleinkind, hy ignoreer my soms heeltemal, ek huil omtrent 4 keer op een dag, tot 15 keer per week (ek soek nie simpatie nie, ek se net ek is die uitsondering)

anko ·

Ek wens ek kon huil. Dit sukkel regtig, want ek het nodig dat trane kan of ‘n slag moet loop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.