Gedagte vir die dag: Die verlore seun

twee_mense_stap_sonsondergang_boekvat.jpg

Foto: jorgeschulz.wordpress.com

Hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan. (Luk 15:20)

Jesus het die gelykenis van die verlore seun vertel. Ek glo dit is een van die belangrikste stories in die Nuwe Testament.

Daar is drie karakters in hierdie gelykenis: ’n pa, wat ’n boer was, en sy twee seuns. Eendag kom die boer se jongste seun na hom toe en sê: “Ek is moeg daarvan om op hierdie plaas te werk. Ek wil nie meer vieruur in die oggend opstaan en werk totdat dit donker is nie. Ek wil my deel van die geld hê. Ek wil na die groot stad toe gaan en die lewe geniet.”

Die pa se hart was stukkend. “Seun,” het hy gesê, “die helfte van alles wat ek het, sal eendag joune wees.” “Ek gee nie om nie. Ek wil dit nóú hê!” het hy geantwoord.

Die jong seun het sy erflating geneem, stad toe ver trek en daar al sy geld uitgemors. Hy kon geen ander werk kry as om varke kos te gee nie. Terwyl hy daar gesit het, het hy tot inkeer gekom en gedink: “My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger. Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig! Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie. Behandel my soos een van Pa se dagloners.” (Luk 15:17-20). Hy het toe dadelik na sy pa toe teruggegaan.

Is jy vandag ver van jou hemelse Vader af? Kom dan vandag tot inkeer. Gaan terug na Hom toe. Hy wag vir jou.

My Vader in die hemel, ek raak soms verlore. Lei my asseblief elke keer terug na U toe.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Verlore dogter ·

Dankie Jesus, dat ons altyd na U kan terugkeer! dankie vir U groot èn wonderlike genade! Ons het U lief, Here Jesus!

Dries ·

ons het ‘n Vaderhuis om na toe te gaan, hoe wonderlik!is dit nie- ‘n Huis waar ons so welkom en geliefd is soos ons nooit êrens anders sal wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.