Gedagte vir die dag: Die vermoë om te onderskei

stiltetyd-musiek-kitaar-man.jpg

Foto: pixabay.com

As iemand gewillig is om God se wil te doen, sal hy weet of dié onderrig van God afkomstig is en of Ek uit my eie praat. (Johannes 7:17)

Hier is ’n kosbare waarheid! Wanneer jy jou hart voor God buig, gebeur ’n wonderlike ding. Jy ontwikkel ’n vermoë om te kan onderskei of iets uit God is of nie. Dit is ’n belangrike eienskap om te hê! Namate ons in gehoorsaamheid groei, groei ons in kennis van God en soos ons in kennis van God groei, groei ons onderskeidingsvermoë. In Johannes 8:43-44 sê Jesus: “Waarom verstaan julle nie my boodskap nie? Omdat julle nie kan luister na my boodskap nie. Julle is uit die duiwel as julle pa gebore, en julle wil net doen wat hy as pa van julle verwag.”

Die mense se onwilligheid om aan God gehoorsaam te wees (en daarmee hulle gretigheid om aan die duiwel gehoorsaam te wees), laat hulle heeltemal blind vir die inhoud van Jesus se woorde. Ons sien die belangrikheid van onderskeid in 1 Johannes 4:1 as Johannes sê: “Geliefdes, moenie sommer almal glo wat daarop aanspraak maak dat hulle deur die Gees optree nie. Toets hulle om te bepaal of dié bepaalde gees sy oorsprong by God het, want daar het reeds baie vals profete die wêreld ingekom.”

In Efesiërs  5:11 is die vermoë  om God te kan onderskei ook verbind aan gehoorsaamheid: “Moenie aanhou deelneem aan die nuttelose werke van die duisternis nie. Nee, ontmasker eerder hierdie werke.”  As die kerk Jesus nie meer kan onderskei nie, is dit omdat dit verleer het om gehoorsaam te wees.

Vader, voed my op om te kan onderskei!

Bron: Wees oor niks besorg nie deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
FM

Dankie Riekert
Waarheid wat jy so duidelik stel

Yvonne

Here dankie dat U U Gees gestuur het om ons by te staan