Gedagte vir die dag:  Die volgende kerk

koringveld_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. (Matt 5:7)            

Ons moet dit wat ons ontvang het, gebruik vir die koninkryk van God. Ons moet God vertrou om vir ons te voorsien. Ons moet in God glo, sodat Hy ons kan gebruik. Wat doen jy vandag met dit wat God vir jou gegee het? Ek vertrou dat jy, nadat jy hierdie boodskap gelees het, die goeie saad van God sal gaan saai deur by ’n verdienstelike saak betrokke te raak.

Goeie saad kos jou niks, maar dit bring beloning. Saai God se saad in ons kinders se lewens en jy sal ’n oorvloedige oes insamel. Die skooltjie hier by ons het reeds ’n skoolhoof opgelewer. Joseph Majola is die hoof van ’n groot skool in Empangeni, KwaZulu-Natal. Ek glo die volgende Billy Graham van Afrika sal uit hierdie skool voortkom. Ons het een jong man hier wat tromme speel. Hy speel in ons musiekgroep. Ek glo hy is die beste wat daar is. Ek wil daar wees wanneer hy eendag musiek maak vir die  Meester.

Ek wil jou vra om vandag jou hart te deursoek. Vra God om vir jou ’n hart vir kinders te gee. Maak tyd vir hulle. Jy hoef nie ’n George Müller te wees nie; begin sommer deur by die kinders langsaan te kuier. Ons kinders is die kerk van die toe koms. Terwyl daar nog lewe in ons is, kom ons belê ons geld, ons gebede en ons vermoëns in die jong geslag.

Hemelse Vader, dankie dat U deur Jesus Christus vir ons gewys het hoe ons moet leef. U het vir ons gewys dat ons ons kinders moet liefhê en beskerm en dat ons die volgende geslag in die liefde van die Here moet grootmaak. Gee ons ’n hart vir kinders, Here.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.