Gedagte vir die dag: Die volmaakte offer

hout_kruis_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring. (1 Petrus 3:18)

Nadat hy oor onregverdige lyding geskryf het, kom Petrus nou by die lyding van Jesus. Niemand het ooit méér onregverdig as Hy gely nie. Hy was volkome onskuldig; tog het Hy die sondes van ons almal in sy liggaam aan die kruis gedra. Omdat Hy die sondeskuld in ons plek betaal het, is God nou bereid om ons die skuld kwyt te skeld en ons as sy kinders te aanvaar. Omdat Jesus in jou plek aan die kruis gely het, is jy nou volkome vry.

Soos God die mense in die ark van ’n gewisse water dood gered het, red Jesus se bloed wat aan die kruis gevloei het ons van ons sonde. “Die doop dien as teken van mense se verlossing deur die verdienste van Jesus wat ons sondeskuld wegneem,” skryf Johan Smit. “En dié kruisverdienste word bevestig in sy opstanding waardeur Hy bewys lewer dat Hy die dood oorwin het en sodoende vir ons sondeskuld betaal het” (Wandel deur die Woord, p. 287).

Here Jesus, ek loof U dat U aan die kruis die volmaakte offer vir my sonde gebring het, dat U uit die dood opgestaan het sodat ek eendag vir altyd saam met U kan leef. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.