Gedagte vir die dag: Die vrou by die put

Boekevat_Tuin_Foto_Juanita_Geyer

Foto: Juanita Geyer

Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” (Joh 4:13-14)

Op ’n dag het ’n vrou by die put buite Sigar gaan water haal. Dit was nie die normale tyd om water te gaan haal nie. Die rede was dat die vrou iemand met ’n slegte reputasie was en so te sê ’n uitgeworpene in die dorp was. Sy het die mense probeer vermy. En dan was daar die man wat daar by die put gesit het en vir haar water gevra het. Wie is hy en wat soek hy?

Die slegte vrou en die vreemde man by die waterput knoop ’n gesprek aan, een van die mees buitengewone en lewensveranderende gesprekke wat in die Bybel opgeteken staan. ’n Paar dinge word uit die gesprek duidelik: die vrou se sedelose karakter word blootgelê; dit blyk dat die vreemde man meer van haar weet as wat sy gedink het; die vrou is nogal goed ingelig oor godsdienstige sake; die gesprek gaan oor lewende water waar van die vrou nie weet nie.

’n Mens sonder hoop, ’n mens wat dors na ware lewe, ontmoet die een Man wat oor die bron van ware lewe beskik. Sy ontdek dat daar ten spyte van haar bedenklike agtergrond nogtans vir haar hoop is. Toe Jesus vir haar lewende water aanbied, het sy aanvanklik nie die vaagste benul gehad waarvan Hy praat nie. Nogtans het sy geweet dat hierdie Man vir haar iets kan gee waar na sy met haar hele hart soek. Jesus het die grens na ’n slegte vrou oorgesteek en vir haar hoop gegee.

Kan jy nie dalk vir ’n randfiguur vandag hoop gee nie?

Bron:
Nogtans sal ek hoop deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

 

 

 

 

https://maroelamedia.co.za/blog/boeretroos/boekrak/boek-nogtans-sal-ek-hoop/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pierre B. de Villiers ·

Ja, sonder om enige Bybel aanhalings te gebruik is dit so duidelik dat Jesus niemand verwerp nie. Party mense is net ‘swakker’ geskape as andere.

G Eloff ·

“’n uitgeworpene in die dorp was” Ek het gaan kyk en nie die “so te se ” gedeelte gekry in die Bybel nie . So te se wie ? Lees liewer die 33 vertaling Johan .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.