Gedagte vir die dag: Die vrug van die Gees

gedagte-van-die-dag-vrugteboord

Foto: treekb.com

Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid. (Gal 5:22)

Ons ken almal hierdie teksvers, maar hoeveel van ons leef dit werklik uit? Ons hoef nie super-gelowiges te wees voordat ons só kan leef en optree dat mense die vrug van die Gees in ons lewens kan raaksien nie. Dit is bloot ’n keuse wat jy maak, en dan moet jy die krag van die Here vra om so op te tree.

Hoeveel keer is ons sommer net geïrriteerd met mekaar, of eerder net geïrriteerd en dan haal ons dit op iemand anders uit? Vat dit regtig so baie energie om net ordentlik met mekaar te bly? Dit kan tog sekerlik nie so moeilik wees om net ordentlik te bly met ander mense nie. Almal ervaar mos maar stres in hulle lewe. As jy vind dat jy regtig in ’n te slegte bui is om ordentlik te wees met iemand, sonder jou eerder af en bid tot God vir vrede in jou siel. Vra elke dag vir die Here se krag om soos een van sy kinders te leef en op te tree.

Bron:
Hoor die hartklop van God
deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.