Gedagte vir die dag: Die weg van selfverloëning

(Foto: pixabay)

Terwyl hulle op pad was, sê iemand vir Hom: “Ek sal U volg waar U ook al gaan.” (Lukas 9:57)

Die Here se gesindheid teenoor hierdie man was een van uiterste ontmoediging: … want Hy het self geweet hoe mense is (Joh. 2:25). Ons sou gesê het: “Ek kan glad nie dink waarom Hy die geleentheid laat verbygaan om daardie man te wen nie! Dink net: om só kil teenoor hom te wees en hom só ontmoedig weg te stuur!” Moet nooit vir die Here verskoning aanteken nie. Die woorde van die Here sal seermaak en beledig totdat daar niks meer oorbly om seer te maak of te beledig nie. Jesus Christus het hoegenaamd geen teerheid betoon teenoor enigiets wat uit[1]eindelik ’n persoon, of sy diens aan God, sou vernietig nie. Ons Heer se antwoord is nie gebaseer op een of ander gier of impulsiewe gedagte nie, maar op die kennis van “hoe mense is”. Indien die Gees van God jou aan ’n woord van die Here herinner wat vir jou pyn bring, weet dan verseker dat daar iets in jou is wat Hy wil pynig tot by die punt waar dit sterf.

Lukas 9:58. Hierdie woorde vernietig die argument dat Jesus Christus gedien kan word omdat dit ’n aangename ding is om te doen. En die strengheid waarmee Hy verwag dat ek ’n ding moet verwerp, is bewys daarvan dat Hy vereis dat niks in my lewe mag oorbly nie, behalwe my Here, myself en ’n gevoel van desperate hoop. Hy sê dat ek alle ander mense moet laat kom en gaan, en dat ek alleenlik gelei moet word deur my verhouding met Hom.

Lukas 9:59. Hierdie man wou nie vir Jesus teleurstel nie, maar terselfdertyd wou Hy respek aan sy pa betoon. Ons plaas ons lojaliteit teenoor familielede voor ons lojaliteit teenoor Jesus Christus, en dwing Hom daardeur om die laaste plek in te neem. Wanneer daar konflik van lojaliteit is, gehoorsaam Jesus Christus altyd, ongeag die prys daaraan verbonde.

Lukas 9:61. Die persoon wat sê: … “Ek sal U volg, Here, maar … ” is daardie persoon wat gereed is om te gaan, maar tog nooit gaan nie. Hierdie man het bedenkinge gehad omtrent sy “gaan”. Die uitdruklike roeping van Jesus laat geen ruimte vir ’n groetery nie; dit is dikwels so heidens dat dit ons van ons roeping laat afwyk. Wanneer die roeping van God jou een keer bereik het, gaan en hou nooit weer op nie.

Bron: My allerbeste vir Sy Hoogste deur Oswald Chamber
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Here U ken elke tekortkoming in my lewe…..vul my met U Gees…..in Jesus Naam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.