Gedagte vir die dag: Die werk van sy hande

wolke_see_sonondergang_stiltetyd_Juanita-Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. (Psalm 19:2) – Deel 3

In dié woorde is ’n geloofsbelydenis opgesluit. Die slim mense van ons tyd vind dit moeilik om aan ’n Skepper-God te dink. Vir hulle is die skepping deel van ’n wetenskaplike energieproses wat iewers lank gelede, miljarde jare gelede deur ’n “oerknal” veroorsaak is. Ook ons is deel van daardie geheimsinnige proses. En waar dit alles gaan eindig, weet niemand …

Die psalmdigter kyk na die sterre en hy sien God se handewerk. Ons Skepper-God het dit alles gemaak. Ja, miskien dink ons nog baie naïef oor God se skeppingswerke. Vir ons moet dit iewers binne die ruimte van ons beperkte verstaanvermoë inpas. Daarom glo ons makliker aan die dag op ’n slag van Genesis 1 as aan die meer ingewikkelde proses van evolusie. Al wat ons hoef te glo is die woorde van die digter: Dit is my God se handewerk. Oor die hoe en die wanneer en waar hoef ek my nie te bekommer nie. Hoe meer die mens van die uitspansel te wete kom, hoe verder ons teleskope en rekenaarbevindings ons neem, hoe groter raak die verwondering oor ’n som wat ons nooit gemaak sal kry nie. Behalwe om te getuig: Dit is mý God se handewerk!

Dit is mý God se handewerk! Dit is so jammer dat sommige mense nie aan wonders kan glo nie. Vir hulle is dit óf wonders óf wetenskap. Dit is mos nie reg nie. Dit is wonders én wetenskap! Die wetenskap is maar net die voorreg om iets meer (maar dan ook maar net iets!) van die wonders te verstaan. Soos die onmeetlike en ondeurgrondelike sterrehemel ons so duidelik laat verstaan – dit is alles mý God se handewerk!

Bron:
In die skadu van die Allerhoogste deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frans ·

Johan ek dink al daardie slim mense is verkeerd. Die aarde is nie meet as sesduisend jaar oud nie volgens die Bybel. En die Bybel is waar. Toe Jesus gevange geneem is het Hy gesê dat Hy die Vader kon vra vir ń legioen engele, maar hoe sou die skrifte dan vervul word. Die Bybel is absoluut waar en die slimmes moet verder kopkrap. As ons aan evolusie glo en hulle sê die maan beweeg verder van die aarde af, dan moes die maan in ń stadium teenaan die aarde gewees het. Hoekom is daar planete wat party kloksgewys en ander antikloksgewys draai? Al die planete moes mos in dieselfde rigting draai na die “big bang”. Evoluse is niks minder as ń geloof nie. Die slimmes glo ons kom van ń klip. Ek glo ons kom van die Here. Die satan hou van die evolusie teorie want dan glo minder mense aan die Skepper. Groete

Pieter Perold ·

Johan, jy se: “die bybel is waar”. Hoe weet jy? Het U al ooit radio datering in ag geneem? Al daardie ‘slim’ mense gebruik wetenskap en wiskunde om hulle bewerings te staaf. Planete wat kloksgewys en anti-kloksgewys draai het niks met die saak uit te waai nie.

Pieter Perold ·

Jammer, die boodskap was aan jou gerig, Frans. Jy kan nie se n boek is waar, bloot omdat jy daaraan ‘glo’ nie. Die volgende se ek met respek, en ek hoop nie jy neem aanstoot nie: Daar is baie foute in die bybel. Daar is logiese foute, konteks foute en vertalings foute. Daar is veels te veel om te noem. Groete

Eish ·

Amen op die skrywe. Die evolusie bewering, ou aarde ens is bloot gegrond op teorieĕ en is beslis nie wetenskap soos per definisie nie.
Ek stem vir n Skepper wat alles gevormeer het op n tydstip in die verlede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.