Gedagte vir die dag: Die werking van die Heilige Gees   

see_brug_sonsondergang_stiltetyd_Juanita-Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie. (1 Tess 5:19)   

Charles Finney was ’n herlewingsprediker in die VSA. Hy het een aand in ’n woud gaan stap. Daar het ’n ligstraal deur sy liggaam gedring en hom op die grond neergevel. Die liefde van God het hom in so ’n mate deurdring dat hy tot God uitgeroep het: “Here, as U nie nou ophou nie, sal ek sterf.” God het Charles Finney daar ontmoet. God het hom met sy Gees vervul en hom gebruik om mense terug te roep na hulle eerste liefde – God Almagtig.

Reinhard Bonnke verkondig die evangelie in Afrika aan meer as ’n miljoen mense op ’n slag en hy sal vir jou sê hy was nie God se eerste keuse nie; hy was ongeveer God se derde keuse. Dit beteken daar is minstens twee ander mense wat nie God se stem hoor roep het nie.

God het my op 17 November 1989 in my kantoor op die plaas geroep. Ek het oor die telefoon met my leraar in Greytown gesels en die vuur van God se Gees het oor my gekom. Ek het gelees, navorsing gedoen en die lewensverhale van kinders van God verslind, maar daardie dag het God my ontmoet. Hy het gesê: “As jy die geloof het, het Ek die krag.” Die res is geskiedenis. Ons bereik so baie mense vir Christus deur ons veld togte. God laat ons nooit in die steek nie. Elke veldtog bring ongelooflike resultate. Mense word genees, vrygemaak en bowenal weergebore.

Vergewe my, Heilige Gees, dat ek soms u werking in die wêreld probeer stuit. Gebruik my om die goeie nuus van Christus oral te verkondig. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.