Lees: 1 Johannes 4:7-18
Ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom. (1 Johannes 4:16)
Van al die baie dinge waaroor God se kinders hulle elke dag kan verwonder, bly die hoofwonder vir my die wonder van God se liefde. Die Skeppergod het die wêreld met al sy wonders uit niks geskep en onderhou sy ganse skepping elke dag. Dieselfde Skeppergod het die sondige mensekinders só lief dat Hy ons nie aan onsself kon oorlaat nie, maar het sy Seun gestuur sodat ons sy kinders kon word. Dit alles maak byna nie vir my sin nie. Verstaan, kan ek dit glad nie. Tog wéét en glo ek dat dit waar is.
Al die negatiewe dinge wat met en om ons gebeur soos die heersende misdaad en geweld, asook natuurrampe soos tsoenami’s en aardbewings, laat mense soms God se liefde bevraagteken. Maar hierdie dinge waaraan ons God se liefde wil meet, is maar net die gevolge van die sonde en nie die redes waarom God nie liefde is nie.
God se kinders weet dat Hy liefde is omdat ons Jesus ken. In Hom word God se liefde vir ons sigbaar. In dieselfde hoofstuk van ons kernvers getuig Johannes: “Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê” (1 Johannes 4:9). Jesus is die klinkklare bewys van God se liefde vir jou – omdat Hy geleef en gesterf het, hoef jy nooit weer daaraan te twyfel nie.
Here God, ek loof U vir die manier waarop U u liefde aan my openbaar het: Deur u Seun te stuur om vir my te sterf, sodat ek deur Hom die ewige lewe kan hê. Amen.
Hoekom word my kommentaar verwyder?
Dagsê Albert
Jou kommentaar is afgekeur omdat dit ongelukkig nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen het nie.
Groetnis
Milan
nms Maroela Media
Ek is so bly ek kan ‘n GOD aanbid wat nie met mensehande gemaak is nie maar wat self die Skepper van alles en almal is. Ek weet Jesus leef en het opgestaan want HY leef in my hart.
Albert wat jy vergeet is my YAHSHUA het weer opgestaan uit die graf. Loof Hom tot in ewigheid.