Gedagte vir die dag:  Die wonder van wonderlike vriende

 vriende_strand_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Niemand het ’n groter liefde as hierdie nie: dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende. (Johannes 15:13)

Ons is na God se beeld geskep en daarom is ons bedraad om vriende te hê. Ons groot Koning het eerste afgebuig om ons Vriend te wees. Hy het ons nie nodig gehad nie, maar Hy het ons gemaak, selfs al het Hy geweet dat ons Hom sou spot en verwerp. Die klei waaruit ons gemaak is, was nog nat, maar die plan was reeds gereed dat Hy sy Seun, die Vriend van sondaars, vir ons sou stuur.

Sal jy vandag vir God dankie sê vir jou vriende? Vra Hom ook om jou te leer hoe om ’n goeie vriendin te wees. Dank Hom vir lawwe pret en eerlike raad en dat jy gehoor en gesien word en toegelaat word om te huil. Dank Hom vir geesgenote en binnekringers en lang geskiedenisse om te koester en nuwe voetpaadjies om oop te maak en spontane bande om te geniet.

Jy kan jou dalk ook voorneem om wyse tydsbeleggings en dapper hartsbeleggings te maak. Terwyl jy God vertrou om jou privaat en openbare wêrelde te orden, vra Hom om jou vriende te kies. Vertrou Hom om jou te help om hulle lossies vas te hou – met oop palms – sodat jy elke vriendskap as aanbidding kan uitleef. Vertrou Hom met die plekkie wat elke vriendin in jou lewe het.

Is daar vriendinne wie se stemme jy moet uitdoof, of harder moet stel, afhangende van die invloed wat hulle op jou het?

Jesus, dankie vir die wonder van wonderlike vriendinne, en vir u voorbeeld van sagmoedigheid, dapperheid en opoffering. Verander my in dié soort vriendin wat mense aan U herinner. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Adam ·

Net die eerste mens se klei was nat . 2de een uit 1ste se rib.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.