Gedagte vir die dag: Die woord van God is volmaak: dit gee lewe

ATTACHMENT DETAILS Gestoor. Bybel_blaar_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. (Psalm 19:8) – Deel 2

Die woord wat lewe gee … Hoe kan woorde lewe gee? Luister na die woord en leef volgens die eise van die woord en jy sal lewe. Hou by die duidelike riglyne in die Woord en jy sal lewe. ’n Mens moenie resepmatig oor die Bybel dink nie, so asof dit ’n aantal kitsklaar resepte vir ’n gelukkige en suksesvolle lewe bevat. In die Bybel gaan dit nie oor resepte nie, maar oor ’n leefstyl wat in jou hart gegraveer is en wat in alle omstandighede getoets word.

Die woord wat lewe gee. Die Bybelskrywers het oor eeue heen graag met dié gedagte gewerk. In die Ou Testament word die profeet Esegiël deur God beveel om die woord te eet. En dié woord word dan ’n genesende woord. Dieselfde gebeur in die boek Openbaring waar Johannes beveel word om die woord te eet – tot genesing. Tot lewe.

Jesus self verklaar dat Hy, die vleesgeworde woord, die brood van die lewe is. Eet die brood en lewe! Leer wat dit beteken om met Christus verenig te lewe. Laat die woord van God jou verwysingsraamwerk word van waar jou besluite geneem word, jou lewensbeskouing gemunt word.

Dan sal jy lewe en ’n gelukkige en vervulde mens wees.

Bron:
In die skadu van die Allerhoogste deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Derek Meyer ·

Ek neem aan jy verwys na onderrig uit die Oosterse Koptiese Bybel en Kerk.

Frans ·

Johan Smit, kan jy dalk verklaar hoekom die boekie wat geëet is in albei gevalle soet in die mond was en bitter in die maag? Of lees jy nie komentaar van jou eie stukkie evangelie nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.