Gedagte vir die dag: Diepdinkdag

Vrou_koffie_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Lees Psalm 139

HERE, U deursoek my en ken my. U weet of ek sit en of ek opstaan, U ken my gedagtes van ver af. Of ek op pad is, en of ek gaan lê, elke oomblik weet U waar ek is. Selfs voordat ek praat, HERE, weet U al presies wat ek gaan sê. U sluit my in van voor en van agter. U hand van seën is op my. Dié kennis laat my in verwondering, dit is vir my te hoog om te begryp! (Psalm 139:1-6)          

Soms laat ons nie toe dat mense ons deur en deur ken nie, want ons is bang as hulle ons eers regtig ken, sal hulle nie van ons hou nie of ons nie aanvaar nie. Dit kan nooit met God gebeur nie. Hy weet alles van ons af. Alles? Ja, alles. Hy weet selfs hoeveel hare daar op jou kop is (Matt. 10:30). Jy weet dit nie eens nie!

Nou is dit tyd om stil te raak en diep na te dink. Lees Psalm 139:1-6. Lees dit dan weer. Dink na oor wat hierdie verse regtig sê. Bid tot die Here en gebruik die gedagtes in hierdie gedeelte om jou te help om God te loof en vir Hom dankie te sê. Wag dan dat God vir jou ’n storie, beeld, gedagte of idee gee om neer te skryf in jou joernaal. Jy kan dit doen!

Hartspraatjies: Vertel vir mekaar wat God vir julle in hulle harte gesê het terwyl julle vandag oor sy Woord nagedink het. Wat moet julle doen in reaksie op wat God gesê het?

Bron: Die Eenjaar Ma en Dogter dagboek deur Dannah Gresh
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.