Gedagte vir die dag: Dieselfde Gees      

 woestyn_klip_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Daar is ’n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee. (1 Kor 12:4)            

Ons kan God nie in ’n boksie plaas nie. Met Moses het Hy deur ’n brandende bos gepraat. Met Gideon het God deur ’n stukkie vlieswol gepraat. Hy het met John Wesley deur ’n storm op die see gepraat. Met Charles Finney het Hy in ’n woud gepraat. God het met DL Moody gepraat terwyl hy in ’n straat af gestap het. Met my het God in my kantoor op die plaas gepraat. Ons almal het God ontmoet. Ons almal het die gawe en die krag en die vuur van God se Gees ontvang.

Sommige van ons het van die Gees die genadegawe van wysheid, kennis of geloof ontvang. Ander het die genadegawe van genesing ontvang, of om te profeteer en in ongewone tale of klanke te praat. Ons almal het verskillende genadegawes ontvang, maar dit is dieselfde Gees wat dit gegee het. Ons word tot ’n verskeidenheid bedieninge geroep, maar dit is dieselfde Here wat ons roep. Daar is ’n verskeidenheid kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring.

Wanneer jy hoor dat God jou roep, vra Hom om sy roeping deur sy Woord, deur ander mense of deur die stil stem van die Gees in jou te bevestig. God sal jou antwoord en bevestig wat Hy van jou vra om te doen.

Die heel belangrikste vraag is egter: Sal jy gehoorsaam wees? Sal jy God vra om jou met sy Gees te vul en vir jou die gawes te gee wat jy nodig het om jou roeping te vervul?”

Here my God, dankie vir die genadegawes wat ek deur u Gees ontvang het. Help my om hierdie gawes te gebruik in die roeping wat ek van U ontvang het. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lennart ·

Dis n goeie stelling maar dis die vraag wat my al vir baie lank laat wonder. Wat is my gawe? Hoe kry ek my antwoord op daai vraag? Ek wonder baie daaroor en glo tog wel dat elke mens n gawe gekry het het. Ek het al selfs daaroor gebid maar hoor niks. Dalk sal ek eendag weet, hahaha.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.