Gedagte vir die dag: Dink aan sy magtige dade 

son_hoop_wolke_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel. (Psalm 105:4-5)

Ek het jou reeds vertel van die brand wat eendag op ons plaas uitgebreek het. Ek het begin bid en ek het nie eens geweet hoe om te bid nie. Ek het die Here toe maar nog net ’n paar weke geken.

’n Zoeloe-man het langs my teen die brand geveg. Ek met vir hom gesê: “Ek gaan nou bid en vir Jesus vra om my te help.”

“Here,” het ek gebid, “ek vra U vandag vir ’n wonder ‘n my lewe. Ek weet die reënseisoen is verby, maar, Here, die enigste ding wat vandag hierdie brand gaan blus, is reën uit die hemel.” Die Zoeloe-man het net na my gekyk en gelag. Binne twee of drie minute, in die helderblou lug en met ’n noordewind wat waai, wat nooit die reën bring nie, het ’n donderslag skielik geklap. Daardie Zoeloe-man kon sy ore nie glo nie, maar die geloof in my het gegroei. Ek het gesê: “Dit is God wat praat.”

’n Sterk wind het uit die suide opgekom en swaar wolke het bokant ons gevorm. Binne ’n halfuur het ’n sagte reën op die plaas begin val en die brand geblus.

Twyfel is wat mense keer om in God te glo. Twyfel is wat tussen jou en ’n wonderwerk staan. Het jy vandag ’n magtige daad van God in jou lewe nodig? Vra God vir ’n wonderwerk, en glo in sy almag.

Dankie, Here, dat U inderdaad getrou is, dat U die God is wat magtige dade en wonders doen, wat met die winde kan praat en vir hulle bevele kan gee. Ek loof u Naam.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Von ·

Hierdie belofte neem ek vir myself en vir ons pragtige land…dankie Here dat U die Waarmaker van U Woord is….Amen

Bridget ·

Amen wat ‘n mooi boodskap Glo en Vertou is al wat Onse Vader van ons vra

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.