Gedagte vir die dag: Dis maar net my persoonlikheid

 Stiltetyd-25-.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is. (Romeine 12:2)

Daar’s ’n verskil tussen temperament en karakter.

Temperament – persoonlikheid of gesindheid – is in jou DNS. Niemand het jou regtig geleer om geselserig, gereserveerd, analities of impulsief te wees nie. Dis maar net deel van jou unieke samestelling. Dis wat jou jy maak.

Karakter – die kwaliteit of die aard van jou wese – word dikwels deur jou temperament uitgedruk, maar dis geleer, aangeleer, nageboots of gekweek.

Soms verwar ons die twee of ons dink hulle is een en dieselfde ding. ’n Lelike aanmerking word verskoon. “Jammer, ek sê wat ek dink. Dis maar my persoonlikheid.” Natuurlik is dit absoluut noodsaaklik om geduldig en verdraagsaam te wees teenoor mense en hul geite.

Tog is dit nooit in orde om ons persoonlikheid as ’n verskoning vir sonde te gebruik nie. Ons kan nie ons persoonlikheid verander nie, maar ons kan – en móét – ons karakter aan God se

genade oorgee.

Daag God jou uit om iets wat soos ’n natuurlike en onvermydelike deel van jou persoonlikheid voel aan Hom te onderwerp?

Here, dankie dat U my gemaak het soos wat U het. Wys u heerlikheid aan die wêreld deur die temperament wat U in my geskep het. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.