Reg sal veroorsaak dat daar vrede sal wees. En geregtigheid sal veroorsaak dat almal rustig en veilig sal bly. (Jesaja 32:17)
Dr. J. Wilbur Chapman het iets gehad wat hy “My reël vir ’n Christelike leefwyse” genoem het: “Die reël wat my lewe regeer, is dít: Enigiets wat my visie van Christus verdof, of my begeerte na Bybelstudie wegneem, of my gebedslewe belemmer, of Christelike werk moeilik maak, is nie reg vir my nie, en as ’n Christen moet ek daarvan wegdraai.”
Vader, ons voel soms die druk van alle kante en dan moet ons doodeenvoudig nee sê vir wat iemand anders wil hê ons moet doen. Help ons om u wysheid te hê om te weet watter aktiwiteite ons Christelike werk moeilik sal maak, en dat ons sterk genoeg sal wees om daarvan weg te draai. Amen
Amen!