Gedagte vir die dag: Dis tyd om te rus

 Wolke_pad_be…t_Dykema.JPG

Foto: Reint Dykema

Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig. (Matt 11:28-30)

In hierdie gedeelte praat Jesus met mense wat swaar gebuk gaan onder die las van sonde en vorm gods diens. Beide hierdie dinge bring wonde en laste wat jou uitmergel. “Uitgeput” en “oorlaai”, is ’n baie raak beskrywing. Jesus staan egter teenoor sonde en vorm godsdiens. Hy is die enigste Een wat ons kan bevry en met rus bedien. Nêrens anders is hierdie dinge, waarna ons so smag, beskikbaar nie.

Jesus nooi ons uit, maar die reaksie is in ons hande. Sal ek dit aanvaar, of sal ek maar nog ’n bietjie op my eie aanploeter? Dalk raak dit beter vorentoe? Nooit! Dit raak erger. Nou wonder ’n mens: Hoekom sal iemand nié Jesus se uitnodiging aangryp nie? Weet jy?

Smag jy na rus? Aanvaar Jesus se uitnodiging. Laat Hom toe om jou te bevry. Moenie wag om te kyk wat die ander doen nie. Niemand gaan pa staan vir jou lewensuitputting nie. Aanvaar Jesus se uitnodiging.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.