Gedagte vir die dag: Dissiplineer in liefde

see_sonsopkoms_hart_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Elke vorm van tug lyk vir ons op die oomblik meer na ’n rede vir trane as vir blydskap, maar later sal dit vir hulle wat daardeur gedissiplineer is, ’n vredevolle oes oplewer van ’n lewe volgens die wil van God. (Hebreërs 12:11)

Dissipline is nie God se manier van sê: “Ek is klaar met jou,” of ’n teken dat Hy jou verlaat nie. Dit is eerder ’n liefdevolle daad van God om jou terug te bring. C.S. Lewis het gesê: “God fluister vir ons in ons vreugde; Hy praat met ons in ons werk; Hy skree op ons in ons pyn.” Elkeen van ons weet daar was tye toe ons nie na God wou luister of wou aandag gee aan wat sy Woord sê nie, totdat Hy uiteindelik ernstige dissipline moes gebruik om ons aandag te kry sodat ons kan luister.

Help ons verstaan waarom dissipline noodsaaklik is vir ons groei as Christene. Here, seën daardie kinders wat op maniere gedissiplineer word wat u waarheid en liefde verdraai. Ons bid dat U hulle sal beskerm. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.