Gedagte vir die dag: Dit is alles gratis

Kruis_2.jpg

Foto: jumonville.wordpress.com

Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God. (Efesiërs 2:8)

Uit my liefde vir jou gee Ek vir jou ’n geskenk wat nooit verdien of terugbetaal kan word nie. My genade het jou vrygemaak van jou sondeskuld wat jou verhouding met My gehinder en gekeer het dat jy die ewigheid saam met My kan beleef. Moenie aan my liefde vir jou twyfel nie; moenie die vyand toelaat om jou te mislei sodat jy jou verlossing bevraagteken nie. Moenie moedeloos raak en bevraagteken wat Ek gedoen het, die offer wat Ek namens jou gebring het nie.

Wanneer die lewe moeilik word en dit voel of jy My nie kan vind nie; wanneer jy bang is dat Ek jou alleen gelos het, moet jy weet dat die vyand aan die werk is op die slagveld van jou siel. Moenie die leuens glo nie. My genade gee ek gratis aan jou; nie gebaseer op jou gevoelens nie, maar op my liefde. Jou verlossing is veilig en seker, vrylik gegee deur Christus se offer. Toe Hy aan die kruis gehang het, het Hy aan jou gedink. Hy weet alles wat jy gedoen het en het steeds die keuse gemaak om te sterf sodat jy kan leef. Dit het oor jou gegaan.

Staan daarom vas in jou geloof wanneer dit voel of jy My teleurstel en jy bang is dat jy jou plek by My in die ewigheid sal verloor. Weet dat Ek belowe het jy is Myne, van die eerste oomblik af dat jy tot geloof gekom het. Niks kan jou van my liefde skei nie.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Charles ·

Dankie Vader vir U ewige belofte en genade aan ons deur U kruisdood en opstanding.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.