Gedagte vir die dag: Dit is volbring!

Storm_boom_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe Jesus die suur wyn proe, het Hy gesê: “Dit is nou afgehandel!” Toe het Hy sy kop vooroor laat val en sy asem uitgeblaas. (Johannes 19:30)

Dit was Jesus se voorlaaste kruiswoord. Dit is nou afgehandel, volbring. Die kontrak is klaargeskryf, geteken en verseël. Die nuwe verbond is gesluit. Die nuwe verbond wat met die bloed van die Lam van God geteken is. Vergelyk Lukas 22:20: “Met die beker na die maaltyd het Hy net so gemaak en gesê: ‘Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word’” (Bybel in Afrikaans 1983/1992).

Hierdie woorde sluit ʼn eenmalige pad af, ʼn pad waarvoor God self gekies het om die mensdom te red. Hierdie pad was lank tevore reeds in God se gedagtes beplan. Wat ons betref, het die pad in Nasaret in die huis van ʼn jong maagd begin. Ons noem die pad ʼn lydensweg. God word mens en kom woon by ons, raak deel van ons ellende, deel ons leed, voel die vuil van die sondeval aan eie lyf.

Die vleesgeworde Woord bly tot die dood toe gehoorsaam aan sy Vader ter wille van sondaarmense, ter wille van ons. Tot op daardie oomblik wat Hy kon uitroep: Dit is volbring! Ek het my taak verrig. Ek het my lewe gegee. Ek het die skuld betaal. Die donker kan nou maar wyk. Die Lig het gekom.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christine ·

Dankie Jesus dat my naam in U gedagtes was toe dit volbring is. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.