Gedagte vir die dag: Die doel van gebed

 Bid_hande_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. (Jeremia 26:12-13)

Die doel van gebed is om God se oor te bereik. Dit kan slegs beryk word deur geduld en om aanhoudend op Hom te wag. Om jou hart voor Hom uit te stort. Om Hom toe te laat om met jou praat. Slegs dan kan ons verwag om Hom te ken. En wanneer ons Hom beter leer ken, spandeer ons meer tyd saam met Hom en ontdek die konstante en oorweldigende vreugde van sy teenwoordigheid.

Om altyd op Hom te fokus, beteken nie ons skeep die gewone verpligtinge van die lewe af nie. Dit beteken die siel wat intiem met Hom verbind in gebed, word nooit werklik van Hom losgemaak nie. Jou hart is altyd in verbinding met Hom en wanneer jou gedagtes klaar is met die taak op hande keer dit altyd terug na Hom soos ’n voël altyd na sy nes terugkeer. ~ E.M. Bounds

Vader, ek wil graag in u teenwoordigheid wees. Help my asseblief om nooit te vergeet hoe belangrik gebed is nie. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ANDRIES ·

Môre ek wil daar by die Bybels iets reg stel dat daardie verse staan in Jeremia 29 :12-13 en nie Jeremia 26 nie.
Dankie

Magda ·

Ek luister gisteraand na n preek van Dawid Wilkinson waarin hy sê ; hoe kan jy sê jy is lief vir iemand as jy nie tyd met hulle spandeer en gesels nie, en dieselfde met n mens se verhouding met die Here.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.