Gedagte vir die dag: Doelwitte

Hart_teken_sand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig. Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ’n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry. (1 Petrus 3:8-9, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Al is dit goed om “groot” doelwitte te hê, is dit ook belangrik om kleiner doelwitte te stel vir elke dag. Om vriendelik en nederig te wees, goed te doen wanneer mense misbruik maak van jou, om jou Bybel te lees en om ander te bemoedig, lyk dalk na “klein” doelwitte gemeet aan ander, “groter” doelwitte, maar dit is die boublokke van alles wat God wil hê jy moet bereik.

Watter “klein” doelwitte kan jy vandag vir jouself stel?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.