Gedagte vir die dag: Doen wat jy sê

plant_plaas_landery_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

’n Man wat twee seuns gehad het, het na die eerste een toe gegaan en vir hom gesê: “My kind, jy moet vandag in die wingerd gaan werk.” “Ek is nie lus nie,” was sy antwoord, maar later het hy spyt gekry en tog gaan werk. Die pa gaan toe na die ander een toe en gee hom dieselfde opdrag. Dié antwoord toe: “Ek maak so, Pa,” maar hy het tog nie gaan werk nie. (Matteus 21:28-30)

As ons sê ons gaan iets doen, moet ons dit doen. As jy byvoorbeeld mense nooi vir ete, kom hulle in die verwagting om by jou te eet – hulle eet nie voor die tyd by die huis nie. As jy iets vir iemand belowe en dit nie doen nie, raak hulle kwaad en teleurgesteld  in jou. ’n Mens se woorde beteken niks as dit nie met dade gepaardgaan nie.

Wat sê ons alles vir die Here? Ons sê ons glo in die Bybel, maar gehoorsaam ons wat daarin staan? Ons sê gebed maak ’n verskil, maar bid ons elke dag? Ons sê mense wat op die verkeerde pad is, het die boodskap van verlossing nodig, maar deel ons dit met hulle? Ons sê dis ons plig om te gee en te dien, maar ignoreer ons mense in ons eie lewe wat swaarkry? Ja, partykeer moet ons erken ons aandag word afgelei. Ons raak bang en moeg om goed te doen (Galasiërs 6:9).

Kom ons antwoord vandag eenvoudig “ja, ek sal” op dít wat die Here van ons vra. Kom ons werk fluks in sy wingerd terwyl ons op Hom vertrou en vir die wêreld wys hoe sy liefde lyk.

Here, laat ons geloof sigbaar wees in alles wat ons doen. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here soms is dit so moeilik….U weet alles van my dankie dat U nooit moeg word om my reg te help nie…U genade is vir my genoeg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.