Nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur sy Seun. God het Hom bestem om die erfgenaam van alles te wees; trouens, Hy het deur Jesus Christus ook die wêreld en alles wat daarin is, gemaak. (Hebreërs 1:2)
As jy wag om God te hoor, kyk na Christus. Elke woord wat Jesus sê, is ’n woord van die Vader.
Van die oomblik toe die skepping van Hom geskei is, het God al hoe nader begin beweeg aan dié wat Hy liefhet. Eers het Hy deur profete, drome en visioene gepraat. Toe het Hy as God op aarde, as Christus, die Messias, gepraat. Nou woon sy Gees in jou. Jy het ’n tempel geword waardeur jy die Vader, die Seun en die Gees ervaar.
Bestudeer die woorde van Christus. Sy woorde is die woorde van God. Sy lewe wys vir ons die Vader. Sy woorde is die woorde wat die Heilige Gees binne-in jou roer. As jy Christus ken, ken jy die volle Drie-eenheid.