Gedagte vir die dag:  Drie maal daagliks

aanbid_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Maar ek roep na God, na die Here wat my sal red. In die aand, in die môre en in die middag, heeldag kla en sug ek, en Hy hoor my roep. (Psalm 55:17-18)

Dawid beleef angs, maar die feit dat hy drie keer per dag bid, dra hom deur. Hy sê God hoor hom. Dit kan wees dat Dawid na die drie Joodse gebedsure verwys. Volgens die rabbi’s is die oggendgebed (shacharit) reeds deur Abraham ingestel, die middaggebed, ná werk (minchah), is deur Isak bygevoeg en die aandgebed (arvit of maariv) is deur Jakob bygevoeg. In Jesus se tyd het ’n sinjaal van die tempel af geklink om die gebedsure aan te kondig. Jesus het volgens die gebedsure gebid en die apostels ook, lees ons in Handelinge. Gebed is inderdaad ons toevlug in tye van nood.

Gebed kalmeer en fokus ons. Gebed bring nuwe perspektief. Gebed gee ons nuwe krag. Nogtans is ons so swak geoefen daarin – geen wonder ons is so gestres nie! Daar is geen rede waarom ek en jy nie ook drie keer op ’n dag met God kan praat nie. Stel jou selfoon en maak ’n tydjie – vyf minute saam met God maak ’n groot verskil.

Teenwoordige God, help my om gereeld deur die dag met U te praat. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan Seerot Aucamp ·

YHWH, Elohim van die Heelal, red ons hier waar ons is. Asseblief, wees ons genadig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.