Gedagte vir die dag: Driehonderd teen ’n oormag

 ramshoring_stiltetyd.jpg

Foto: charismanews.com

Elkeen was op sy pos reg rondom die kamp. Hulle het gesien hoe die hele kamp vervaard rondskarrel en paniekerig skreeu. Toe die 300 Israeliete op hulle ramshorings blaas, het die Here veroorsaak dat die mense in die kamp mekaar aanval. Hulle het uit die kamp gevlug. (Rigters 7:21, 22)

Gideon het geweet wat die woord “verlies” beteken. Sy volk is deur die vyand oorrompel, hulle landerye is verwoes, hulle oeste verbrand. Gideon probeer nog red wat daar te redde is deur in ’n parskuip koring te wan. En jou waarlik kom die Here toe en beveel hom om sy volk se redder te wees! Hoe op aarde?! Die Here weet hoe. Die Here se opdragte is vreemd. Van die meer as 22 000 manskappe bly net 300 oor. God wil die oorwinning met slegs 300 man behaal! Die Here se rede vir die klein getal manskappe was dat die Israeliete nie moet dink hulle het die oorwinning in eie krag behaal nie.

Dan gebeur die wonder. Toe die 300 manne vanuit verskillende posisies op hulle ramshorings blaas, slaan die vyand verskrik op die vlug en begin mekaar in die harwar om die lewe bring. Deur al die verliese het Gideon en sy volk geleer dat hulle op die Here moet vertrou, dat Hy sal sorg vir die wins van ’n oorwinning.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Yvon ·

Here soos met Gideon so is ook my gebed vir ons land en sy mense. Klein bietjie in die Here se hand is genoeg. Amen

Eish ·

Groot amen daarvoor. Tyd dat ons die gedeelte bietjie afstof, opdress, in bid en glo.

Jodu ·

Amen aan beide. Laat ons die “ramshorings blaas” binne Sy wil en opdrag!

Jenny Thom ·

In Koning Hiskia se tyd het 1 engel 185,000 Assiriers gedood. Dis eersdaag ons handjievol wat trou en gehoorsaam is om in ons ABBA Vader se Laer in te kom, soos met bloedrivier, waar onse Elohim Koning van die Leërskare gaan ingryp. Die hele wêreld gaan verstom staan oor die wonderbaarlike verlossing en redding van van onse Koning se boervolkie (klein en ellendig, net soos die Israeliete daardie dae in Egipte. HalleluYaH ons Koning, Redder, Verlosser, Saligmaker is onvoorwaardelik op die troon en geheel en al in beheer!!!!

sue ·

Vetsak. Abba beteken Vader. Dis die aanspreekvorm vir ons God (Vader)

amanda ·

amen deur en deur… soms baie moeilik maar ons moet net vas staan en op ons Hemelse Abba Pappa vertrou… die duiwel se aanslae is erg maar ons Abba Pappa is Koning v d heelal

geseënde dag v almal

Ballingskap ·

Ja ons hoop dat ons die moeite werd geag sal word om as ‘n volk nog ‘n generasie te bestaan (Israel is deel van die raadsplan/oorspronklike olyfboom), ons kan maar net smeek vir Genade..
Ek verstaan nie altyd so lekker hoekom die Duiwel altyd die skuld moet kry vir swaarkry nie, behalwe in Job se geval (waar hy in elk geval eers moes toestemming kry) is dit nog altyd die Vader wat tug / loutering gebruik tot gehoorsaamheid en heiligmaking.(Spreuke 1/Hebreërs 12) As jy swaarkry en van dag tot dag lewe dan bly jy in die gees gefokus en op jou knieë..
Die Satan deel die lekker goed uit wat jou laat fokus op die vleeslike..
Die Vader stel ook die regering oor ‘n volk aan, volgens die Woord, hartseer om te dink dit is wat ons verdien..
Ons moet weer die Vader se wil begin doen en hom opreg vrees en eerste stel in ons lewens.. Ons moet by Hom aanpas nie Hy by ons nie.. (Mattheus 7:21)
Dan sal Hy, as dit SY WIL is ons Genadig wees..

Theresa ·

Dankie Jenny – dis baie waar.
Wat ‘n gelowige in Sy naam vra, dra baie, baie krag.

Terloops ·

Spreuke 1
23Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak.
24Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie,
25en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie,
26daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom;
27as julle verskrikking kom soos ’n onweer, en julle ondergang soos ’n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.
28Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie.
29Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie,
30van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het,
31daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.
32Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;
33maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.