Gedagte vir die dag: ’n Driepoot-geloof: Beskeidenheid en eerbied

Man_veld_Bybel_Stiltetyd_.jpg

Foto: teachingthem.com

Namens Hom wat my in sy genade tot sy apostel gemaak het, sê ek aan elkeen van julle dat jy nie jouself moet oorskat nie, maar dat jy jouself nugter moet beoordeel volgens die geestelike toerusting wat God aan jou toebedeel het. (Romeine 12:3)

Spoggerige mense is irriterend. Iemand kan dalk iets baie sinvols en nuttigs sê, maar as dit beterweterig en arrogant gesê word, is dit moeilik om na te luister. Daarom voeg 1 Petrus 3:16 (Bybel in Afrikaans, 1983/1992) iets belangriks by: “Doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.” Wanneer ons wel spontaan antwoord oor ons geloof en hoop, moet die manier waarop ons dit doen, nie die inhoud benadeel nie. Dit beteken egter nie dat ek die inhoud van my geloof afwater nie.

Dit beteken net dat dit nie beterweterig en prekerig moet klink nie. Preek is net bedoel vir een uur per week: vanaf die preekstoel, en selfs dan is beskeidenheid in aanbieding ook noodsaaklik. Ek sal dus eerder my woorde só kies dat dit oor mý ontdekking gaan en nié oor die luisteraar se dwaasheid nie. Die ander vereiste is: “Doen dit met eerbied vir God.” My woorde moenie die kollig op myself laat val nie. Dínk dus hoe jy klínk.

In Romeine 12:3 vra Paulus dat selfs begaafde Christene nie moet spog oor hul gawes nie.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Christine ·

Heer dankie dat U ons sondes vergewe, dankie dat ons weet by U is niks onmoontlik nie, en by U is ons altyd veilg, prys U naam tot aan einde van dae.AMEN.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.