Gedagte vir die dag: ’n Driepoot-geloof: Jou hart

hart_strand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. (1 Petrus 3:15, Bybel in Afrikaans, 1983/1992)

’n Stewige geloof begin by jou hart. Geloof sonder ’n innerlike keuse is onmoontlik. Dit word dikwels uitgedruk met die woorde: “Jy moet jou hart vir die Here gee.” Maar die woord “hart” beteken baie meer as wat die meeste mense daaronder verstaan. Ons verstaan “hart” meestal as jou emosies. Dan praat ons daarvan asof dit iets anders is as jou kop, wat dan jou denke en verstand is.

Maar in die Bybel is hart meer as emosies. Dis jou hele innerlike wese, jou bewussyn. As jy dus met jou hart eerbied vir Christus het, beteken dit eerbied met denke, wil en emosies. Dan het jy ’n volledig innerlike keuse gemaak, geanker in ’n wilsbesluit en gesteun deur jou emosies. Jy erken Christus as Here en Koning van jou lewe. Sonder hierdie innerlike anker is geloof slegs uiterlik en groepsgebonde. Dit hoef nie ’n datum te hê nie, want innerlike besluite kan ryp wees sonder eers ’n groen, onryp tyd, dalk reeds van babatyd af, soos baie mense getuig. Wat sê jou “hart” oor Christus?

Is jy van “harte” lief vir Jesus? ” Verander die eerste frase van 1 Petrus 3:15 om te lui: In my hart is daar heilige eerbied vir Christus die Here.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.