Gedagte vir die dag: ’n Driepoot-geloof: Jou mond

bid-vrou-son-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. (1 Petrus 3:15, Bybel in Afrikaans, 1983/1992)

Die tweede poot  van ’n stewige geloof het te doen met jou mond: “Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee … ” Dis logies, want waar die hart van vol is, loop die mond van oor. As ek ’n hartskeuse gemaak het, kan dit nooit ’n geheim bly nie, mense sal dit hoor. Hierdie is meer as ’n getuienis. Onder getuienis verstaan mense dikwels dat jy kan vertel hóé jy ’n Christen geword het. Hierdie is egter meer. Dis jou geloofstorie, die redes hoekom jy só gekies het, die redes vir jou daaglikse optrede en watter verskil dit vandag in jou lewe maak. Maar voordat jy kan antwoord, moet jy jou antwoord deurdink en gereed kry.

As jy dink aan al vier aspekte in die sin hierbo, wat sal jy antwoord? Daarom is dit nodig om so iets te deurdink, neer te skryf en dan te toets deur dit met ’n medegelowige te deel. Dis vandag jou huiswerk nadat jy hierdie dagstukkie gelees het. Wat sal jy vir ’n belangstellende antwoord oor hierdie vier aspekte?

Lees in 1 Petrus 3:15 die waarskuwing: Iemand gaan van jóú ’n antwoord eis!

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.