Gedagte vir die dag: ’n Driepoot-geloof sal altyd sterk staan

Son_water_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. (1 Petrus 3:15-16, Bybel in Afrikaans, 1983/1992)

Daar is ’n baie praktiese rede hoekom ’n driepootpot juis drie pote het – dit staan altyd stewig op enige ongelyke oppervlakte. Iets met vier pote staan net stewig op ’n gelyke oppervlakte, anders wikkel dit. Daarom moet jy soms iets onder een poot van ’n tafel indruk tot dit stewig staan.

In 1 Petrus 3:15-16 word drie komponente van geloof gegee. As jou geloof hierdie drie komponente het, sal dit stewig staan op enige oppervlakte. Dis reg vir alle omstandighede en niks of niemand kan dit laat wankel nie. Die drie komponente het te doen met jou hart, jou mond en jou hand (lewe) – dit wat jy glo, dit wat jy sê en die manier waarop jy lewe.

Is daar heilige eerbied in jou hart vir die Here? Onderstreep 1 Petrus 3:15-16 in jou Bybel. Memoriseer dit, maar lééf dit ook.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.